
Affies se atletiekspan het gisteraand by die FitGen Top 10 atletiekbyeenkoms hulle sprokiesverhaal voortgesit en ook in dié kompetisie koning gekraai. Dit is die sesde agtereenvolgende jaar dat hulle hierdie kompetisie wen!
Hulle moes meeding met 1670 atlete van 148 spanne en 84 skole.
Die Affie-atlete se tien beste prestasies het ‘n gemiddelde punt van 927 behaal. Die skool in die tweede plek se gemiddeld was 841.
Die volledige uitslag kan hieronder afgelaai word.