Die volledige uitslae van die naweek se rugby teen Diamantveld, Piet Potgieter en Ellisras is hieronder beskikbaar.

Affies onthou Magriet Malan
03 Mar 202113 September 1963 – 3 Maart 2021 Me. Magriet Malan was van 2010 tot 2014 en daarna weer van 2016 af as Afrikaans-onderwyser aan AHS verbonde. As ervare violis het sy by die orkes ingeskakel om hulp aan die strykers te verleen. Verder het sy as voog van die Stroom-op-redaksie opgetree en was deurentyd besig…

Matriekuitslae, 2020
01 Mar 2021Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is. Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%. Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s. Die volgende kandidate het agt…

Christiaan Maas wen SA Amateur Gholf-Kampioenskap
19 Feb 2021Christiaan Maas, gr. 12, het op Vrydag 19 Februarie die SA Amateur Gholf-Kampioenskap gewen. Die kwalifiserende rondtes het op 14 en 15 Feb. plaasgevind. Daarna het die toernooi begin met die top 64 spelers wat teen mekaar meegeding het in putjiespel (matchplay) formaat. Christiaan speel in die finaal teen Christopher Dyer van Engeland. Die finaal…

Dewald Brevis in SA o/19-span
09 Feb 2021Dewald Brevis, gr. 12, is Sondag by die SA o/19-krieketspan ingesluit. Hierdie jong span gaan binnekort teen gekombineerde senior provinsiale spanne meeding. Ons hou sy loopbaan met groot verwagting dop.

Stroom-Op November 2020
25 Nov 2020Die jongste uitgawe van Stroom-Op, Affies se skoolkoerant, kan hieronder afgelaai word. AHS:

Affie-onnie help duisende matrieks met Wiskunde
17 Nov 2020Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW). AJ Maree, een…