Die volledige uitslae van die naweek se rugby teen Diamantveld, Piet Potgieter en Ellisras is hieronder beskikbaar.

Matriekuitslae, 2020
01 Mar 2021Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is. Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%. Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s. Die volgende kandidate het agt…

Affie-onnie help duisende matrieks met Wiskunde
17 Nov 2020Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW). AJ Maree, een…

Blitsbrein Kompetisie
18 Jun 2020Joshuan du Toit (Foto: Netwerk24) BLITSBREIN KOMPETISIE Affies het vanjaar naamgemaak met Markus Nel en Joshuan du Toit se puik prestasie in die Blitsbrein-kompetisie. Ons weet daar is nog vele ander wat oor ‘n baie wye algemene kennis beskik en wat ook goed sal vaar. Ons vra al die Affie-blitsbreine om op die skakel te…

Digitale skool
08 Apr 2020Ouers van die skool is reeds in kennis gestel van die onderskeie grade se klasse wat aanstaande week op digitale wyse sal hervat. Hier volg die rooster vir die onderskeie grade vir die week van 14 tot 17 April

2019 Matrieks blink uit
08 Jan 2020Affies kan met trots en dankbaarheid aankondig dat die 2019 matriekklas uitsonderlik presteer het in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen. Nie net spog die skool met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar ons is veral dankbaar oor die 93,1% universiteitsvrystellingsyfer. Die matrikulante het 355 vakonderskeidings behaal, en die gemiddelde persentasie vir alle kandidate (alle vakke) is 68,5%….

Eksamenreëlings vir gr 8-11
21 Okt 2019Die eksamenreëlings vir grade 8 tot 11 is beskikbaar in die omsendskrywe hieronder. Die eksamenrooster is beskikbaar by http://www.affies.co.za/wp-content/uploads/OktNov-2019-eksrooster-gr-8-11.pdf