Die volledige uitslae van die naweek se rugby teen Diamantveld, Piet Potgieter en Ellisras is hieronder beskikbaar.

Stroom-Op November 2020
25 Nov 2020Die jongste uitgawe van Stroom-Op, Affies se skoolkoerant, kan hieronder afgelaai word. AHS:

Harry van Tonder oorlede
12 Nov 2020Ons betuig ons innige simpatie met die ouers, broer, familie en vriende van Harry van Tonder (graad 10) wat deur die loop van die nag van 11 November in sy slaap oorlede is. Harry was ‘n ernstige epilepsielyer. Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler ‘n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste. Die…

Hoofleiers, 2021
19 Okt 2020Die Affieraad het die afgelope naweek by die skool vergader eerder as om soos gebruiklik te gaan kamp. By hierdie geleentheid is die hoofseuns vir 2021 verkies. Baie geluk aan die volgende seuns:

Affieraad, 2021
07 Okt 2020Die nuwe Affieraad vir 2021 is op 7 Oktober met ‘n lewendige uitsending vanuit die hoof se kantoor aangekondig. Baie geluk aan hierdie seuns.

Fotodag
30 Sep 2020Alhoewel 2020 ernstig deur die Covid-19 pandemie ontwrig is, gaan ons steeds, met die oog op die jaarblad, al die groepfoto’s van aktiwiteite wat plaasgevind het, neem. Met dié dat die skool op ‘n weeklikse rotasiebasis funksioneer, is die mees werkbare oplossing om die fotodag vir Saterdag 10 Oktober te skeduleer. Volg gerus hierdie skakel…

Departementele aanstellings
02 Sep 2020‘n Woord van gelukwensing aan me. Yvonne Bredell en mnr. Schalk Wessels wat deur die onderwysdepartement in bevorderingsposte aangestel is – me. Bredell as hoof van die Departement Engels en mnr. Schalk Wessels as adjunkhoof. Me. Yvonne Bredell het haar Affie-debuut as Engels-onderwyser in 2001 gemaak en het sedert 2008 die leiding as vakhoof geneem….