Chrisjan blink op skoonvelde

09 Feb 2020

Affie-gholfster, Chrisjan Maas, se prestasies op die gholfbaan begin klink na ‘n sprokie.

Hierdie gr 11 seun se talent met ‘n gholfstok in die hand is reeds veelbesproke, maar nog steeds verstom hy met die rits prestasie wat hy behaal.

Hier volg ‘n lys van sy suksesse tot dusver in 2020:

Junior toernooie in 2020 :

  • Nomads Kustoernooi: 5e plek
  • Nomads Binnelandtoernooi: Wenner

Amateurtoernooie in 2020 :

  • Vrystaat Ope:  3e plek
  • Gauteng-Noord Ope:  6e plek
  • Afrika-Ope:   28e plek
  • Verkies tot die SA Juniorspan wat tydens die Afrika Amateurtoernooi aan die spankompetisie deelgeneem het.
  • Verkies tot die SA Juniorspan wat in Maart aan die Afrika Junior Gholftoernooi deelneem in Egipte.

Spanprestasies :

Chrisjan het boonop gekwalifiseer om aan die SA Amateur Ope deel te neem van 16 tot 21 Februarie.

Sy prestasies is des te meer merkwaardig as daar in ag geneem word dat hy dikwels teen senior spelers te staan kom. Affies is besonder trots op hierdie jong gholfster, en ons hou sy ontwikkeling met belangstelling dop!

TERUG NA BO