Christiaan maak naam op tennisbaan

27 Feb 2017

Graad 11 Affie Christiaan Worst het die afgelope naweek sy tweede agtereenvolgende ITF junior tennistitel ingepalm toe hy die NWU-PUK 2 toernooi gewen het.

Christiaan het Rickardt Bierman met 3-6, 7-5 en 6-2 geklop.

Hy en sy dubbelsmaat, Justin Liebenberg, het ook die dubbelspel gewen.

‘n Volledige berig oor dié toernooi kan gelees word by die volgende skakel:

http://www.enca.com/sport/tennis/two-itf-titles-in-a-row-for-sa-junior-tennis-ace-worst

 

TERUG NA BO