Craig is Dux-leerder

10 Okt 2019

Affies se toppresteerders is gisteraand tydens die jaarlikse prestige prysuitdeling beloon vir hul prestasies die afgelope jaar.

Craig Kleingeld (hoofoto) is aangewys as die skool se Dux-leerder vir 2019.

Jacques-Lois du Toit is aangewys as sportman van die jaar, en Rynhard van Zijl as kultuur Victor Ludorum.

Volle erekleure is toegeken aan agt Affies, naamlik Eduard Joynt, Christiaan Kamffer, Braham van der Walt, LT de Jager, Craig Kleingeld, Louw Prinsloo, Rynhard van Zijl en Adolph Visser.

Sien gerus die foto hieronder vir meeste van die top toekennings.

 

 

TERUG NA BO