Debat

Geskiedenis

Die skool se Debat- en Kultuurvereniging is op 21 Julie 1920 gestig. Kort daarna is die eerste interskooldebat teen die Nederlandse skool gehou. Die debatsproposisie was: “Wie doen die meeste vir sy land: die onderwyser of die krygsman?”

Geleentheid tot deelname

Die skool skryf jaarliks sewe junior debatspanne (drie lede per span) en sewe senior spanne (twee lede per span) vir die Nasionale Debatskompetisie van die ATKV in. Sedert 2016 neem die skool ook aan die Dink-of-Sinkkompetisie deel. Voornemende debatteerders word uitgenooi om hul slag tydens die interne debatskompetisies te wys, voordat die ATKV-spanne saamgestel word.

Prestasierekord

Affies het ‘n lang verbintenis met Nasionale Debatskompetisie en het die eerste keer in 1973 as wenners uit die stryd getree. Sedertdien het die skool hom gevestig as een van die land se voorste debatskole.

Seniors: In die agt jaar tussen 2009 en 2016 het 20 senior Affie-spanne na die finaal deurgedring waar vyf eerste plekke behaal is en die prys vir die beste taalgebruiker vier keer aan AHS toegeken is.

Juniors: In die agt jaar tussen 2009 en 2016 het 11  junior Affie-spanne na die finaal deurgedring waar twee eerste plekke behaal is en die prys vir die beste taalgebruiker twee keer aan AHS toegeken is.

In 2017 tree Affies tot Afriforum se Dink-of-Sink-kompetisie toe en behaal met sy senior span ‘n derde plek in die landswye finaal.

Navrae

Dirk Taljard (dirk.taljard@affies.co.za) of 082 770 4290

JONGSTE NUUS

Affies bo in Dink-en-Sink!

07 Oct 2019

Affies se senior debatspan het die afgelope naweek koning gekraai in die landswye finaal van die Dink-of-Sink-kompetisie. Hulle opponente was die span van Paul Roos Gimnasium, verlede jaar se wenners. Die span het bestaan uit Adriaan van Wyk, Reuben Coetzer en Henri van der Westhuizen.  Dr Gustav von Bratt was hul afrigter. Geluk ook aan…

Affie-sprekers skitter by ATKV

05 Aug 2019

Die finale ronde van die ATKV se Nasionale Redenaars- en Debatskompetisie het die afgelope naweek by ATKV Goudini Spa plaasgevind. Drie junior en drie senior debatspanne het na finaal deurgedring. Die junior span van Erik van der Merwe, Juan Schoeman en Gerhard van Wyk wen die junior kompetisie en in die senior afdeling behaal Ian…

TERUG NA BO