Debat skitter!

01 Jun 2015

Affies se senior debatspan bestaande uit Jan-Hendrik Pretorius en Daniël Goosen is die Gautengse kampioene nadat hulle tydens die pasafgelope naweek met die ander 24 spanne in die Gautengfinaal afgereken het.  Daarmee dring hulle deur na die ATKV-debatsfinaal.  Dit is die twaalfde agtereenvolgende jaar dat Affies die nasionale finaal haal.

Dreyer Swart en Louis Schoonbee het in die derde plek geeïndig en dring daarom ook deur na die landsfinaal wat in Augustus by Goudini Spa plaasvind.

Die junior debatspan bestaande uit Francois de Vos, Ruben Els en Müller Barkhuizen het as Gautengse naaswenners in die junior kompetisie uit die stryd getree, en dring daarom ook deur na die junior finaal in Goudini.

TERUG NA BO