Debatspanne kraai koning!

30 Mei 2016

Affies se debatspanne het die afgelope naweek tydens die Gautengfinaal van die ATKV-kompetisie weer eens getoon dat die skool waarskynlik nie sy gelyke het op hierdie gebied nie.

Van die 90 senior debatspanne wat vanjaar in Gauteng deelgeneem het, het Affies sowel die eerste as tweede plekke ingeneem en so die ander 88 deelnemende spanne die loef afgesteek. Jan-Hendrik Pretorius en Daniël Goosen (Gautengkampioene), en Louis Schoonbee en Dreyer Swart (naaswenners) dring daarmee deur na die landswye finaal wat in Augustus plaasvind. Ook die gr 10-span bestaande uit Francois de Vos en Ruben Els (vierde plek) dring deur na die finaal.

In die junior kompetisie met sy 69 deelnemende spanne in Gauteng het Affies met die tweede plek (Rikus Myburgh, Ian Visser en Steffan Schoonbee) en die vierde plek (Zander Venter, Rynhardt van Zijl en Werner van Zyl) uit die woordestryd getree, wat altwee ook na die landsfinaal deurgedring het.

Van die agt spanne wat uit Gauteng na die finaal kan deurdring, het Affies dus vyf, terwyl drie ander skole elk een span het wat finaal toe gaan.

TERUG NA BO