Eerstespan deur na eindstryd

28 Feb 2016

Affies se eerste krieketspan het vroeër die naweek vir Middelburg Hoërskool met ses paaltjies geklop om gekroon te word as die Titans-wenner van die Coca-Cola T20 nasionale kompetisie.

Met hierdie oorwinning dring hulle nou deur na die nasionale eindstryd van die kompetisie wat vanaf 18 Maart in Potchefstroom plaasvind.

TERUG NA BO