Eeufeesaanbiedinge

28 Okt 2019

AFFIE-EEUFEES 2020: AANBIEDINGS

 

Wyn

Die skool bied twee Beyerskloof-keurwyne in verpakte stelle van ses bottels te koop aan:

  • Synergy 2018 (rooi) teen R1 000 vir ses bottels
  • Chenin Blanc/Pinotage 2019 (wit) teen R600 vir ses bottels

 

Daar is slegs 300 stelle witwyn en 1 300 stelle rooiwyn beskikbaar.

Klik op die volgende skakel om u bestelling vroegtydig te plaas. Sodra die wyn afgelewer is , sal persone wat ‘n betaling gedoen het, in kennis gestel word. Skakel: http://www.affiesaanlyn.co.za

Op 4 Maart 2020 word die Affie-wyn amptelik by ‘n aandfunksie bekendgestel. By hierdie geleentheid praat die wynmaker Beyers Truter oor die skool se wyn en ander Beyerskloof-produkte.

Das

Daar is nog eeufeesdasse teen R200 kontant by die skakelkantoor beskikbaar. Die seuns mag dit in 2020 op Vrydae dra.

Oortrekpapier

Daar is spesiale oortrekpapier vir 2020 gedruk. Die pakket sluit papier (genoeg vir 20 skrifte), 20 verstelbare plastiekomslae, 20 etikette en ‘n rolletjie kleefband in. Die stel kan reeds teen R100 kontant by die skakelkantoor gekoop word.

Boek oor die skool se geskiedenis

Daar verskyn ‘n koffietafelboek oor die skool se geskiedenis in Oktober/November 2020. Meer besonderhede oor die inhoud, uitleg en omvang sal later in ‘n aparte skrywe met u gedeel word. Voorlopig deel ons die volgende: Die boek kos R500, maar ons wil graag persone wat ‘n borgskapbydrae wil lewer, geleentheid gee. Vir R1 000 ontvang u die boek en u naam of u seun se naam word in die donateurslys in die publikasie opgeneem. Voornemende borge moet asseblief so gou moontlik vir Engela Hechter (argief@affies.co.za) laat weet. Sy sal met u oor die besonderhede skakel.

Ander

Benewens die skool se normale sport- en kultuurprogram, is daar spesiale geleenthede waarin ouers kan deel:

  • Die AHS/AHMP-eeufeeskonsert wat op Saterdag 23 Mei in die Moreleta-ouditorium aangebied word
  • Die Rugby World Schools Festival waarvoor Affies die gasheer is

 

Ons sien daarna uit om volgende jaar ‘n eeu se Affie-geskiedenis saam met u te vier.

Skakel gerus met Dirk Taljard by dirk.taljard@affies.co.za indien u navrae het.

 

 

 

TERUG NA BO