
Affies se fietsryspan het op 7 en 8 Oktober deelgeneem aan die Spur Bergfiets Nasionale kampioenskap te Bekker Landbouskool.
Ons behaal ‘n algehele 5 de plek op die punteleer. Nie minder nie as 74 skole met 441 ryers het deelgeneem. In die proses klop ons die verdedigende kampioene, Menlopark, sowel as Grey Kollege.
Die volgende seuns verdien vermelding:
Estian Schoeman – 6 de;
Pieter-Jan Pretorius -9de;
Andre Gouws -16de;
Riku Le Roux -13de.
Baie geluk aan elke Affie wat deel was van die fietsry in 2017. Julle was puik!