Fietsryers laat speke sing!

18 Apr 2016

Alhoewel fietsry by Affies nog ‘n betreklike nuwe sportsoort is, trap die Affie-manne reeds diep spore in hierdie sportsoort.

Die afgelope Saterdag het hulle weer so gemaak en die junior mansafdeling van die Delta Dash in Johannesburg gewen.

Die spanlede op die foto is Riku Le Roux Wian Smith en Joshua Kotze.

 

 

TERUG NA BO