Gholf: 2e span verras!

17 Jan 2018

Affies se eerste en tweede gholfspanne het vanaf 8 tot 10 Januarie aan die eerste  Woodhill Gholffees deelgeneem. Die Woodhill Buiteklub bied die toernooi aan en 11 spanne het deelgeneem. Die toernooi is op ‘n puntebasis gespeel met spelers wat vanaf hul  voorgees gekompeteer het.

Affies se tweede span het as na afloop van die drie rondes as oorwinnaars uit die stryd getree, met die eerstespan wat in die 2e plek geëindig het.

In ander gholfnuus het Christiaan Maas (foto) tydens die vakansie uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse onder 15 kampioenskap.  Hy het vierde geëindig.

 

TERUG NA BO