Gholf: Segetog duur voort

19 Mei 2016

Affies se eerste gholfspan se suksesse die afgelope paar weke klink soos ‘n sprokie.

Nie net het die span enkele weke gelede koning gekraai in die Voorsitterstrofee nie, maar het verlede week die Woodlands Junior Meesterstoernooi gewen, en vandeesweek ook die spantitel in die Gauteng-Noord geslote Kampioenskap daarby gevoeg.

Die Woodlands Junior Meesterstoernooi is op die Serengeti-gholfbaan beslis.  Die top drie-en-twintig gholfskole vanoor die hele land het daaraan deelgeneem.  Die toernooi is oor drie dae beslis.

Die oorwinning in die Gauteng-Noord Geslote Kampioenskap beteken dat Affies se span in Augustus aan die SA Skoletoernooi sal deelneem.

Dawid Opperman het geskitter in hierdie toernooi en met ‘n telling van 5 onder baansyfer geëindig.

TERUG NA BO