Gholfspanne bobaas

12 Aug 2019

Affies se gholfspanne presteer die afgelope jaar of wat uitsonderlik.  Hierdie tendens is die afgelope twee weke voortgesit in toernooie waaran ons skool deelgeneem het.

Die SA Skole finaal is op die Koro Creek Gholfbaan beslis op 5 en 6 Augustus.  Elke provinsie stuur twee skole.  Affies se eerste en 2e spanne het Gauteng-Noord verteenwoordig.

Die tweede span eindig in die twaalfde posisie  en die eerste span eindig derde  uit ‘n totaal van 21 skole.

Die afgelope naweek het twee junior Affie-spanne aan die Grey High Linkstoernooi op die moeilike Humewood baan in Port Elizabeth.

Die B-span, wat uit ses graad 8 spelers bestaan het, het in die derde plek geëndig met die A-span in die eerste plek.

Op die foto hiernaas verskyn die twee spanne.

Voorwaar puik prestasies!

 

 

TERUG NA BO