Hartbeeste wen swem

18 Jan 2019

Die “Dorpies” het Woensdag by die swem-interhuis wraak geneem vir hul nederlaag by die atletiek, en Koshuis met die kous oor die kop huistoe gestuur.

Hartbeeste was die wenspan, terwyl Koedoes se dirigente as die wengroep aangewys is.  Koshuis het darem vergoed en die geesbeker gewen.

Individuele pryswenners was soos volg:

Richardt Beinecke: Individuele wisselslag (onder 14 en 15);

Marnus van Vuuren: Beste junior vryslag, beste junior vlinderslag;

Herman de Beer: Beste junior borsslag;

Markus Nel: Beste junior rugslag;

Henré Louw: Beste individuele wisselslag (seniors) en borsslag;

Altus Beetge: Beste senior rugslag, vryslag en vlinderslag;

Ricardo Rebelo: Junior Victor Ludorum;

Altus Beetge: Senior Victor Ludorum.

 

 

TERUG NA BO