Hartbeeste wen swem

25 Jan 2018

Die jaarlikse interhuisgala is gister op oortuigende wyse gewen deur die Hartbeeste met 571 punte.
Die Koedoes was tweede met 401, en Koshuis derde met 399.

Henré Louw is aangewys as Senior Victor Ludorum en ook die beste senior wisselslag-, vryslag, en rugslagswemmer.

Divan Ras, die Junior Victor Ludorum,  het skoonskip gemaak.  Hy was die beste wisselslag-, vryslag-, borsslag-, rugslag- en vlinderslagswemmer.

Altus Beetge is aangewys as die beste senior vlinderslagswemmer.

TERUG NA BO