Hartebeeste wen swem

18 Jan 2017

Die Koshuis en die Koedoes het Maandag by die jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms hul beurt gehad om weg te loop met onderskeidelik die spanbeker en die geesbeker. Vandag was die Hartebeeste se kans om koning te kraai!

Hulle het die jaarlikse swem Interhuis oortuigend gewen met 655 punte teenoor die Koedoes se 380 en die Koshuis se 366.

Onder die individuele uitblinkers moet die name genoem word van Louw Oberholzer en Henré Louw (sien foto’s).

Louw was die beste senior swemmer in die vryslag, borsslag, rugslag, vlinderslag en individuele wisselslag. Hy was dan ook die senior Victor Ludorum.

Henré was die beste junior swemmer in die vryslag, borsslag, rugslag en individuele wisselslag. Hy is net in die vlinderslag getroef deur Stefan Henning.

Henré was dan ook die junior Victor Ludorum.

Junior Victor Ludorum

Senior Victor Ludorum

TERUG NA BO