Heino in SA toetsspan!

26 Jun 2017

Baie geluk aan oud-Affie Heino Kuhn wat ingesluit is in Suid-Afrika se groep vir die vier toetswedstryde teen Engeland.

Heino is beloon vir sy puik spel in die onlangse reeks vir Suid-Afrika se A-span teen die Engelse Lions.

Hierdie insluiting is welverdiend! Heino klop seisoen vir seisoen aan die deur en Affies is geweldig trots dat hy nou sy kans kry!

Hy word saam met AB de Villiers en Faf du Plessis die derde lid van Affies se “superspan” van 2002 wat toetskrieket speel.

Sterkte Heino!

 

 

TERUG NA BO