
AHS KLUB 600 – GHOLFDAG : 17 MEI 2016
WOODHILL BUITEKLUB
Op 17 Mei 2016 bied Klub 600 sy jaarlikse Prestige Gholfdag by die gesogte Woodhill Buiteklub aan.
U as gewaardeerde Affie-vriend word uitgenooi om deel te wees van die besonderse dag om fondse vir die skool se rugby in te samel. Die opbrengs word onder andere aangewend om seuns by te staan om hulle volle potensiaal te bereik en, waar nodig, finansiële ondersteuning te bied. Klub 600 lewer ook ‘n bydrae om fasiliteite daar te stel of te verbeter om alle leerlinge die geleentheid te bied om rugby te kan speel.
Die kompetisieformaat is ‘n “4-Ball Alliance” met ‘n “scramble” op die dryf en die twee beste tellings tel op elke putjie.
Inskrywingsfooie en borgskappe:
4-bal inskrywing R3 600.00
Borg van ‘n putjie (behalwe 1,10 en 18) R1 500.00
Putjies 1,10, 18 en parkeerarea R2 500.00
Setperk R2 500.00
Hoofborg R25 000.00
Halfweghuisborg R10 000.00
Funksieborg R15 000.00
Ons is afhanklik van projekte soos gholfdae vir fondsinsameling. Indien u nie aan die gholfdag kan deelneem nie, sal enige skenking van ‘n prys of borgskap waardeer word.
Vriendelike groete
KOBUS ELOFF
VOORSITTER: KLUB 600
Kontakbesonderhede van organiseerders
Noline Fourie 076 468 0011 klub600@affies.co.za
Riaan Ferreira 082 823 438 mondanette@telkomsa.net
Pieter du Plessis 081 431 9899 duplessisph@telkomsa.net
Willie van der Merwe 082 729 8325 willie.vandermerwe@minopex.co.za