Koor dring deur na ATKV-finaal!

02 Jun 2015

Die Affie-koor is pas aangewys as een van agt kore uit hul kategorie wat in die finaal van die ATKV Applous koorkompetisie in Port Elizabeth gaan deelneem.  Die koor het deelgeneem in die afdeling vir Meer ervare kore.  Daar was vanjaar ‘n totaal van 185 kore wat deelgeneem het in alle kategorieë, so hierdie is ‘n besondere prestasie.

Die finaal vind plaas op Saterdag 8 Augustus in die Veremarksaal in Port Elizabeth.

Kaartjies is by Computicket te koop vanaf 19 Junie.

Baie geluk aan die Rooidasse! Affies is trots op julle.

 

 

TERUG NA BO