Koshuis kraai (weer eens) koning!

17 Jan 2017

Koshuis het vandag tydens die jaarlikse Interhuis koning gekraai in die spankompetisie, maar hulle is in die kompetisie om die geesbeker met een punt getroef deur ‘n geesdriftige en gemotiveerde klomp Koedoes.

Die “Swart Dood” het 1056 punte behaal in die spankompetisie, teenoor die Hartebeeste se 741 en die Koedoes se 614.

Gerdus du Plessis van die koshuis is aangewys as die senior Victor Ludorum, terwyl Carlo Brink van die Hartebeeste die junior Victor Ludorum was.

Die beste dirigentegroep was die koshuis, en Maurice Koekemoer was die beste dirigent.

Individuele toekennings het aan die volgende atlete gegaan:

Beste naellope en beste baanatleet: Bjorn van Wyk;
Beste spronge: Ruben Heuer;
Beste middelafstandatleet: Ntando Mahlangu;
Beste hekkiesatleet: Gerdus du Plessis;
Beste atleet in die worpe: Carlo Brink;
Beste veldatleet; Christie Reyneke.

Op die foto hierby ontvang Marnus Potgieter die spantrofee namens die koshuis.

 

TERUG NA BO