Koshuis wen Interhuis

22 Jan 2018

Die Koshuis het, soos gebruiklik, koning gekraai in die jaarlikse Interhuis, wat plaasgevind het op Maandag 22 Januarie.

Die puntestand was soos volg:

Koshuis 1047.5;

Koedoes 694.5; en

Hartebeeste 661.

Gerdus du Plessis is as die senior Victor Ludorum aangewys, en Marx Nel as die junior Victor Ludorum.

Gerdus was ook die beste baanatleet en die beste hekkiesatleet.  Marx het die toekenning ontvang as die beste atleet in die worpe, en ook die beste veldatleet.

Bjorn van Wyk was die beste naelloopatleet, Christie le Roux het die beste gevaar in die spronge, en Edmund du Plessis was die beste middelafstandatleet.

Die Koshuis se dirigentegroep het koning gekraai, maar Armand du Plessis van die Hartebeeste was die beste dirigent.

 

TERUG NA BO