Belangrike datums

Volg hierdie skakel om die skool se “Google Calendar” met u eie kalender te integreer:

Ons trotse borge:

Oor Affies

In ons skool gee ons die ereplek aan God en is dankbaar vir die talente wat ons van Hom ontvang het.  In aansluiting by die gees van die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: mag God ons skool seën.

Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.

Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.

Ons woord is ons eer.

Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit.

Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.

Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.