Kunstekampus ingewy

02 Mar 2016

Die nuwe Affie-kunstekampus word op 2 en 3 Maart 2016 ingewy.  Dit geskied by wyse van ‘n vernoeming van die ouditorium na Ben Schoeman, bekende oud-Affie en befaamde pianis, die inwyding van die nuwe vleuelklavier deur ons twee begeleiers asook musiekitems deur die koor, orkeste en soliste.  Verskeie gaste en weldoeners is na die openingskonsert genooi terwyl ouers en personeel die tweede konsert kan bywoon.  Die musieksentrum huisves ook klaskamers, lesateljees en oefenkamers om in die behoeftes van die groot aantal musiekleerders te kan voorsien. Die skool en in die besonder die musiekgemeenskap, is trots op hierdie pragtige aanwins.

TERUG NA BO