Matriekuitslae 2015

06 Jan 2016

Die Afrikaanse Hoër Seunskool is dankbaar vir die puik uitslae wat behaal is deur die matriekklas van 2015.

Slaagsyfer: 99,5% (217 uit 218 kandidate slaag)

Universiteitstoelating: 88,5% kwalifiseer vir universiteitstoelating.

Die gemiddeld van die groep, alle vakke van alle kandidate bereken, is 69%.

Vakgemiddeldes: 12 uit die 22 vakke behaal ‘n gemiddelde persentasie van 70 en hoër.

Simbole: Die groep behaal 393 onderskeidings, d.w.s. 1,8 per kandidaat.

Jacobus de Jager (foto hierby) behaal 9 A’s.

Ses kandidate behaal 8 A’s: Christoph Berndt; Jean du Plessis; Christian Kriek; Durand Pelser; Christiaan Willemse (foto hierby) en Marthinus Wolmarans

Agt kandidate behaal 7 A’s.

Sewe kandidate behaal 6 A’s.

TERUG NA BO