Matriekuitslae 2016

05 Jan 2017

Affies se matriekklas van 2016 het die skool se goeie akademiese rekord gestand gedoen.

Hier volg ‘n kort opsomming van die uitslae:

Slaagsyfer: 99,6% (een druipeling; een kandidaat was in ‘n ernsitige motorongeluk betrokke en moet nog sy eksamen voltooi)

Universiteitstoelating: 90,5%

Vakonderskeidings: 526 (gemiddeld 2,2 per kandidaat)

Nege onderskeidings:   Drie kandidate behaal elk 9 vakonderskeidings! Baie geluk aan Marco Kotze, Brenden van der Merwe en Jaco van Tonder (foto hieronder).

Agt onderskeidings:  Barend Botha, Jacob Dekker, Jean Hannah, Franco Matthee, Dawid Opperman, Jakobus Potgieter, Duan Siebrits, Clyde Strydom, Daan van der Walt, Jaco-Louis Venter, Ruben Visser en Andries Wiese behaal elk 8 onderskeidings.

Sewe en ses onderskeidings: Voorts is daar 11 seuns wat elk 7 A’s behaal het, en 8 wat elk ses ingeoes het.

Jaco-Louis Venter (foto bo) se prestasie verdien vermelding. Hy het 100% behaal in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap!

Baie geluk aan elke matrikulant wat sy kant gebring het.

TERUG NA BO