NUUS

Eksamenreëlings vir gr 8-11

21 Okt 2019

Die eksamenreëlings vir grade 8 tot 11 is beskikbaar in die omsendskrywe hieronder.

LEES MEER

Krieket skitter teen Grey

21 Okt 2019

Affies se krieketspanne wat die afgelope naweek teen Grey Kollege gespeel het, het skitterende uitslae opgelewer. Al sewe spanne was aan die wenkant. Die volledige uitslae van dié kragmeting, sowel as wedstryde wat in verlede week gespeel is, is hieronder beskikbaar.

LEES MEER

Atlete wen Top 30

21 Okt 2019

Affies se atletiekspan het ‘n spogjaar op ‘n hoë noot afgesluit en ook die afgelope naweek in ‘n snikhete Potchefstroom koning gekraai in die seunsafdeling van die NWU-PUK Top 30 byeenkoms. ‘n Volledige verslag kan heironder afgelaai word.  

LEES MEER

Craig is Dux-leerder

10 Okt 2019

Affies se toppresteerders is gisteraand tydens die jaarlikse prestige prysuitdeling beloon vir hul prestasies die afgelope jaar. Craig Kleingeld (hoofoto) is aangewys as die skool se Dux-leerder vir 2019. Jacques-Lois du Toit is aangewys as sportman van die jaar, en Rynhard van Zijl as kultuur Victor Ludorum. Volle erekleure is toegeken aan agt Affies, naamlik…

LEES MEER

Affies bo in Dink-en-Sink!

07 Okt 2019

Affies se senior debatspan het die afgelope naweek koning gekraai in die landswye finaal van die Dink-of-Sink-kompetisie. Hulle opponente was die span van Paul Roos Gimnasium, verlede jaar se wenners. Die span het bestaan uit Adriaan van Wyk, Reuben Coetzer en Henri van der Westhuizen.  Dr Gustav von Bratt was hul afrigter. Geluk ook aan…

LEES MEER

Atlete wen Top 10

07 Okt 2019

Affies se atletiekspan het die afgelope naweek die seunsafdeling van die Elardus Erasmus gedenkbyeenkoms in Mookghopong (Naboomspruit) ingepalm. Hierdie byeenkoms se reëls bepaal dat die top 10 items se punt op die ABSA-tabel bydra tot die span se totaal.  Affies se wentotaal het ‘n indrukkwekkende 1095 punte gemiddeld per item beloop. ‘n Volledige verslag van…

LEES MEER
TERUG NA BO