Nuwe hoof van rugby

03 Sep 2019

Baie geluk aan mnr Ryno van der Merwe wat met ingang 1 Oktober 2019 aangestel is as Affies se nuwe rugbyhoof.

Mnr van der Merwe het in sy speeldae as losvoorspeler die Griffons, Westelike Provinsie, Grens, Vrystaat en die SWD Arende in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig, en vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie. Hy was die afgelope klompie jare die rugbyhoof van onder andere Pretoria Boys’ High en die Hoërskool Garsfontein.

Hy sal by Affies veral verantwoordelik wees vir die opleiding en ontwikkeling van afrigters, sowel as rugbyspelers.

Mnr Jaco Koch, wat baie lof ingeoes het vir sy rol as afrigter van die Bulle se Cravenweekspan, sal voluit fokus op die afrigting van die Wit Bulle.

Affies verwelkom mnr Van der Merwe en vertrou dat sy verbintenis met die skool lank en gelukkig sal wees.

TERUG NA BO