Nuwe rekord vir Affie-debat

14 Mar 2016

Affies het die nuwe debatseisoen met ‘n nuwe rekord afgeskop deurdat al die skool se junior spanne pasafgelope naweek na die Gautengfinaal deurgedring het. Die ander deelnemende skole kon gesamentlik net drie junior spanne laat deurdring.
In die senior kompetisie het drie Affiespanne na die Gautengfinaal deurgedring.
In totaal het 9 Affiespanne dus tydens die eerste ronde deurgedring, terwyl die oorblywende 11 plekke in die Gautengfinaal deur die oorblywende nege deelnemende skole gedeel word.
Ons sien met groot verwagting na die seuns se prestasie in die halfeindronde in Mei uit.

TERUG NA BO