Oud-Affie maak geskiedenis

06 Apr 2016

Oud-Affie Heino Kuhn was die afgelope naweek weer in die nuus.

Nadat hy verlede week bykans skoonskip gemaak het by die Titans se bekroningsaand, het hy die afgelope naweek in die Titans se wedstryd teen die Cobras sy  negentiende eersterangse hondertal aangeteken.

Hy het met hierdie pragbeurt verseker dat hy slegs die sesde Suid-Afrikaanse kolwer geword wat daarin slaag om 1000 lopies in ‘n seisoen in die meerdagreeks aanteken.  Hy sluit hom daarmee aan by ‘n legende soos Barry Richards.

Affies is opreg trots op Heino en sy witwarm kolf!

 

 

 

TERUG NA BO