Oud-Affie bo aan geldwennerslys

24 Feb 2016

Baie geluk aan oud-Affie George Coetzee wat op die jaarlikse Sonskyntoer se prysuitdeling beloon is met die Sid Brews-trofee as die speler wat vanjaar die meeste geld laat inrol het op die land se gholfbane.

George het seker gemaak van hierdie toekenning met briljante spel in die 2016 Dimension Data Pro-Am op Fancourt se moeilike baan. .  Hy het in hierdie toernooi sy derde en vierde rondes afgsluit met ‘n rits voëltjies en arende wat aan hom ‘n voorsprong van een hou besorg het.

Hierdie oorwinning was George se derde op die 2015-16 Sonskyntoer.

 

TERUG NA BO