Redenaars vertoon goed

29 Apr 2016

ATKV REDENAARS

Gedurende die naweek van 22 en 23 April het sewentien van ons seuns deelgeneem aan die eerste rondte van die ATKV redenaarskompetisie. Die seuns het hulle woord gestand gedoen en as ware Affie-ambassadeurs opgetree.

Nege van die seuns het deurgedring na die semi-finale rondte wat op 20 Mei by Hoërskool Menlopark plaasvind. Hierdie seuns is Waldo Pienaar (gr.8), Anthony Botes (gr. 9), Hanno Prinsloo (gr.10), Barend Botha (gr.12), Craig Kleingeld (gr.9), Guido Bieseman (gr.9), Rynhardt van Zijl (gr. 9), Harry Cassidy (gr.10) en Hannes v.d. Merwe (gr.10).

Ons wens hulle sterkte toe en weet dat dit met hulle sal goed gaan.

TERUG NA BO