- 1921
- 1970
- 2019
Geskiedenis
Affies se rugbyklub is op 4 Mei 1920 gestig. Op 12 Mei 1921 is daar vir die eerste keer teen Pretoria Boys High gespeel. Die eerste wedstryd buite Pretoria was teen Potchefstroom Gimnasium.
Direkteurs- en Beeldtrofee:
- 21 keer in finaal
- Wen 14 keer
- Speel 4 keer gelykop
Super 12/Super 16:
- Affies neem deel tussen 1999 en 2006
- Wen 6 keer die finaal
- Wen 5 keer die algehele kompetisie
Noord-Transvaal en Blou Bulle finaal:
- 25 keer gewen 1940 – 2006
Geleentheid tot deelname
Affies stoot jaarliks ongeveer 30 spanne in die veld wat aan 450 seuns die geleentheid gee om rugby te speel.
Affies se eerstespan is jaarliks onder die top 10 skolerugbyspanne op die nasionale ranglys. Die gemiddelde wenpersentasie van Affie-rugby oor die afgelope vyf jaar is 81.2%.
Opponente van die afgelope twee jaar
Outeniqua, Boland Landbou, Paarl Gimnasium, Paarl Boys High, Pretoria Boys High, Grey Kollege, Maritzburg College, Jeppe, Waterkloof, Diamantveld, KES, Westville Boys’ High, Glenwood en Helpmekaar Kollege
Toernooie en toere
Elke tweede jaar reis alle rugbyspelers vir derbies na Pietermaritzburg (Maritzburg College), Bloemfontein (Grey Kollege), Durban (Westville Boys High) en Kaapstad (Paarl Gimnasium).
Die eerstespan en A-spanne speel jaarliks in die Wildeklawertoernooi en die eerstespan ondersteun die Paasnaweek feestoernooie indien hulle bepalings dit toelaat. Die eerstespan is in 2018 en 2019 na die World Schools Festival in Paarl en Stellenbosch onderskeidelik genooi – slegs een van twee spanne in Gauteng. Die eerste- en tweede rugbyspan neem ook deel aan die Noord-Suid toernooi in Pretoria.
Die o/16A-span neem jaarliks aan die Paarl Gimnasium-toernooi deel. Die derdes en vierdes neem aan die Mauritz Hansen Rugbyweek deel. Die o/15A’s speel in die Francois Swart-week (wat jaarliks by Affies aangebied word) en die o/14A’s in die Outeniqua-toernooi. Die o/14-, o/15- en o/16C- en D-spanne neem jaarliks aan die Amajuba-toernooi in Volksrust deel.
Affies word ook gereeld genader om groot rugbytoernooie aan te bied. In 2010 was die skool gasheer vir die Wildeklawer-toernooi, in 2008 vir die hoërskole Cravenweek, in 2011 vir die laerskole Cravenweek en in 2016 die LSEN Cravenweek. In 2020 sou Affies die World Schools Festival aangebied het. Affies se velde word ook dikwels vir oefeninge deur die Bulle en die Springbokke gebruik.
Affies lewer top rugbyspelers op
Nasionaal
- 10 Springbokke (Louis Schmidt, Tonie Roux, Pierre Edwards, Grant Estherhuizen, Fourie du Preez, Wynand Olivier, Pierre Spies, Dean Greyling, RG Snyman en Ivan van Zyl)
- 12 Sewes Springbokke
- 66 SA 0/19, o/20, o/21 en o/23 spelers
- 10 Junior Springbokke/SA “A”/SA XV
Nasionale skolespanne
- 38 SA Skolespelers
- 21 SA Skole Akademie-spelers
- 3 SA Skole Sewes-spelers
Provinsiale skolespanne
- 327 Blou Bul Cravenweek en NTvl 1946 – 2017
- 4 Blou Bul Cravenweek XV-tal
- 91 Blou Bul Akademie en o/19
- 22 Blou Bul Sewes
- 119 Blou Bul o/17 en o/16 Grant Khomo
Super Rugby en PRO 14 in 2018:
- Bulls: Pierre Schoeman, RG Snyman, Jannes Kirsten, Ivan van Zyl, Ruben van Heerden
- Lions: Andries Ferreira
- Sharks: Juan Schoeman, Jean Droste
- Cheetahs: Shaun Venter, Nico Lee
- Kings: Rudi van Rooyen, Eital Bredenkamp
Affies wat oorsee speel:
- Nasionale spanne:
- 1 – Ierland (2016/17/18)
- 1 – Namibië (2007)
- 1 – Rusland (2002)
- Tans speel 10 oud-Affies in Groot-Brittanje, Frankryk, Italië en Japan.
Afrigting:
Affies het sedert 2020 ‘n nuwe hoof van rugby wat verantwoordelik is vir alle afrigters se ontwikkeling. Afrigters kry deurlopend die geleentheid om kursusse by te woon en word gereeld blootgestel aan internasionale tendense. Nasionale sowel as internasionale afrigters bied oefen- en opleidingsessies vir Affies aan. Johann van Graan, oud-Affie en tans hoofafrigter van die Ierse klub, Munster, is ‘n voorbeeld. Ander afrigters/spelers wat die afgelope twee jaar betrokke was, sluit in Pine Pienaar, Fourie du Preez, Victor Matfield, Richie Gray, Reggie Goodes en Gary Botha.
Ons is bevooreg dat 28 van die 35 afrigters by Affies onderwysers is. Dit beteken dat die opvoeding van die seuns steeds voorrang geniet. Die huidige eerstespan-afrigter (J. Koch) verteenwoordig die Blou Bulle op o/18-skolevlak (Cravenweek) en die hoof van rugby (R vd Merwe) verteenwoordig die Akademiespan. Mnr. H. van Jaarsveldt tree op as sameroeper van die keurders van die o/16 Blou Bulle, asook spanbestuurder van die o/18 sewes Blou Bulle.
Klub 600
Klub 600 is Affie se rugby-ondersteunersklub. Die klubhuis (op die suidelike punt van die westelike paviljoen van die A-veld) is ‘n gewilde kuierplek sedert 2004 vir die skool se rugbyentoesiaste. Gerieflike sitplekke is vir klublede langs die klubhuis aangebring.
Navrae
Ryno van der Merwe by ryno.vandermerwe@affies.co.za of 0123444805 (skoolure).
Die skool se rugbygeskiedenis is volledig by www.affiesrugby.co.za beskikbaar.
Affie-rugbyvideo’s:
https://www.youtube.com/watch?v=_1yFnOmx_OM
https://www.youtube.com/watch?v=KUphIPKpXPY