Spreker oor sosiale media

04 Mar 2016

Affies was bevoorreg om vanoggend tydens die saalbyeenkoms ‘n gesogte spreker, mnr Alan Arguile,  te verwelkom.

Hy het die seuns toegespreek oor die verantwoordelike gebruik van sosiale media.

Mnr Arguile is ‘n voormalige senior joernalis en kommunikasiebestuurder vir BMW Suid-Afrika. Hy het reeds media-riglyne geskryf vir verskeie staatsdepartemente en het reeds as gasspreker opgetree by verskeie skole in Suid-Afrika.

Affies is dankbaar vir sy insette.

TERUG NA BO