Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO) onderrig internasionaal erkende beginsels wat beide akademiese en tegniese toepassings het. Die klem in IGO is om spesifieke basiese kennis en verskeie tekentegnieke en -vaardighede te onderrig sodat die IGO-leerder in staat sal wees om tekeninge te kan interpreteer en te produseer in die konteks van Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie en Elektriese Tegnologie.
Die Hoofonderwerpe van IGO
- Basiese tekenbeginsels vir ALLE tegnologiese tekeninge
- Vryhandtekeninge
- Instrumenttekeninge
- Eerste- en derdehoekse ortografiese projeksies
- Beskrywende meetkunde en vaste liggame
- Meganiese werktekeninge
- Siviele werktekeninge
- Isometriese tekeninge
- Perspektieftekeninge
- Elektriese diagramme
- Deurdringings en ontwikkelinge
- Lokusse van helikse, nokke en meganismes
- Die Ontwerpproses
- ROT (Rekenaarondersteunde Tekeninge) /”CAD”