MUSIEK

” Musiek is ‘n tregter waardeur God die evangelie direk in ons harte skink ” – Johann Sebastian Bach

Musiek is ‘n universele taal… dit is ‘n ewigheidsbelegging tot enige individu se lewe. Musiek voeg onmeetlike waarde toe aan elke leerder se lewe wat dit as vak neem; dit spreek die volgende aspekte :

  1. deursettingsvermoë;
  2. stimuleer breinfunksies;
  3. self-dissipline;
  4. verseker of bevorder ‘n goeie selfbeeld;
  5. het hoë terapeutiese waarde;
  6. bevorder die keuringsproses by universiteite.
    Musiek as keusevak in Graad 8 en 9

‘n Nuwe instrument kan in Gr 8 begin word. Talle leerders het al begin met musiek in graad 8 en ongelooflike sukses behaal! Die praktiese lesse vind in die middag plaas, en die teoretiese afdeling in die oggend. ‘n Minimale instandhoudingsfooi word deur die skool gehef vir die gebruik van instrumente.

Onderwerpe vir musiek : Gr 10 – 12

Onderwerp 1 : Musiekvoordrag en -improvisasie
Onderwerp 2: Musiekgeletterdheid
Onderwerp 3: Algemene musiekkennis en -analise

Hoe kan musiek na skool benut word ?
  • Uitvoerende kunstenaar
  • Musiekwetenskap
  • Navorsing
  • Musiekterapie
  • Tegnologie : Musiekprogramme, komposisie, advertensiewese, films, ens
  • Klankingenieurswese
  • Onderwys : 1) Privaat 2) Departementeel : Vakmusiek 3) Universiteit
  • Orkeste : by universiteit, professioneel, ligte musiek (Bands), ens
  • Begeleiding vir soliste
  • Betrokkenheid by die gemeenskap
  • Uitvoerings by funksies, bv. universiteit en troues
TERUG NA BO