VISUELE KUNSTE

Kurrikulum

Graad 10

Basiese tekenvaardighede word hersien en ingeoefen, ontwerpbeginsels word prakties en teoreties geleer. Kunselemente word deurgaans saam met die ontwerpbeginsels toegepas en leerders kry die geleentheid om praktiese probleme op te los in die vorm van ontwerpe vir plakate en verskeie ander inligtingsontwerp opdragte. Leerders word ook aangemoedig om te eksperimenteer met materiale op `n 3 dimensionele vlak. Teorie sluit in, woordeskat, geskiedenis van ontwerp, materiale, tegnieke, studie van vier inheemse ontwerpers.

Graad 11

Teken en ontwerpvaardighede word uitgebrei en verder ingeoefen, ontwerpsbeginsels toegepas op praktiese projekte wat inligtingsontwerpopdragte bv.verpakking, illustrasies en self kunsvlytprodukte soos juweliersontwerp insluit deur eksperimentering met materiaal. Teorie sluit in: geskiedenis van tipografie, ontwerpsbeginsels toegepas op veral tipografie in ontwerp, ontwerpsprosedures en prosesse in praktyk, kommunikasie met kliënte, vier inheemse ontwerpers.

Graad 12

Kunsgeskiedenis en prakties. Leerders kry vir die laaste jaar gedurende hul skoolloopbaan die kans om bewus te raak en deel te word van die ryke bronne van kreatiwiteit in hul leefwêreld. Teoreties en praktiese toepassing in die vorm van: Agtergrond oor bv. bekende kunstenaars, komposisie, beeldhouers en tegnieke. Prakties: Optredes, ontwerpe, tegnieke, beelde onderhoude, groepsporjekte asook vele individuele opdragte om die leerdes kreatief te stimuleer.

TERUG NA BO