WISKUNDE

Alle leerders is verplig om tot Graad 12 ‘n vorm van Wiskunde te neem, hetsy Wiskunde, òf Wiskundige Geletterdheid .

Hierdie keuse kan reeds in gr 10 geneem word.

Die Wiskunde kurrikulum is ‘n samestelling van die vorige HG en SG-sillabusse, met ‘n paar veranderings. Finansiële Wiskunde, Statistiek en Waarskynlikheid is nou ingesluit – afdelings wat baie nuttig te pas kom vir leerders wat in daardie rigtings op universiteit gaan studeer.

Daar is ook afdelings in die ou sillabus wat weggelaat is, bv Lineêre Programmering. Vraestel 1 bestaan hoofsaaklik uit Algebra, Funksies, Finansiёle Wiskunde, Differensiasie en Waarskynlikheid, terwyl Vraestel 2 bestaan uit Analitiese- en Euklidiese Meetkunde, Statistiek en Trigonometrie.

TERUG NA BO