
Affies se swem- en atletiekspanne het vandag (Woensdag) ‘n besondere tweekuns behaal.
Die swemspan het vir ‘n unieke prestasie gesorg deur koning te kraai in die Johannesburgse A-liga gala. St Benedict’s was in die tweede plek.
Dit volg nadat Affies verlede week ook bobaas was in die Pretoria A-liga gala by Hillcrest.
Die atletiekspan het op Pilditch die seunsafdeling van die Noordvaal Goud byeenkoms oortuigend gewen, een-en-tagtig 81 punte voor Monument en 82 voor Prestige College. Ook hulle het verlede week as oorwinnaars uit die stryd getree in die Pretoria A-Bond Interhoër.
Baie geluk aan elke swemmer, atleet en afrigter. Affies is met reg trots op hierdie puik prestasies.