Swemmers vaar puik!

02 Mar 2017

Affies se swemspan het gister tydens die Johannesburgse Interhoër by St Stithian’s College getoon dat hulle ‘n krag is om mee rekening te hou.

Hulle het hul oorwinning van verlede week in die A-Bond Interhoër opgevolg met ‘n puik tweede plek, slegs vier punte agter die wenners, St David’s Marist Inanda.

Hierdie vertoning is die beste wat Affies nog gevaar het in een van die strafste kompetisies in Suid-Afrikaanse skoleswem.

‘n Volledige verslag kan hieronder afgelaai word.

 

TERUG NA BO