
Affie-ouers moet hulself asseblief vergewis van die volgende reëlings met betrekking tot toegang tot die skoolterrein.
-
Alle toegang tot die skool geskied deur Redelinghuyspoort (die middelste hek).
-
Die ry parkering naaste aan 1920 en die parkering by die tennisbane word gereserveer vir personeel.
-
Op- en aflaai van seuns geskied slegs in die afgebakende sone naaste aan die hoofhek, of buite in die straat.
-
Daar is slegs beperkte parkering beskikbaar op die skoolterrein indien u die skoolkantoor wil besoek.
Indien u wil parkeer, sal u lisensie getoon moet word. Die sekuriteitsbeamptes sal dit sowel as u lisensieskyf skandeer. -
Koshuisouers moet daarop let dat die hek by Klub 600 op Maandae (voor skool) en Vrydae (13:40 – 15:00) gebruik moet word.
-
Geen parkering vir leerders se motors is op die skoolterrein beskikbaar nie.