World Schools’ Festival

05 Mar 2020

Neem asseblief kennis van die volgende verklaring deur die skoolhoof, mnr P.W. Joynt:

AFSTEL VAN RUGBY WORLD SCHOOLS FESTIVAL (WSF)

Soos u sekerlik reeds in die media verneem het, is die genoemde toernooi weens die wêreldwye uitbraak van die Covid-19 virus gekanselleer.

Op 27 Februarie het die organiseerders van die toernooi met ons in verbinding getree en hul kommer uitgespreek oor die tempo waarteen dié virus versprei. Sedertdien was ons deurentyd in gesprek, maar op 4 Maart het die organiseerders van die WSF ons laat weet dat vyf spanne onttrek het weens die potensiële gevaar wat die virus inhou. Gevolglik is die toernooi gekanselleer.

Uiteraard was ons baie teleurgesteld, maar het onmiddellik ‘n noodvergadering belê, waarop besluit is om die bestaande O/15-Francois Swart Rugbytoernooi uit te brei deur die tien Suid-Afrikaanse spanne wat aan die WSF sou deelneem, steeds te nooi om in ‘n nuwe formaat teen mekaar mee te ding. Ek is verheug om u mee te deel dat al tien skole reeds bevestig het dat hulle Affies se Francois Swart Affie Eeufeestoernooi gaan bywoon.

Wedstrydbepalings word tans gefinaliseer en sal eersdaags beskikbaar wees.

Die program vir die Francois Swart Affie Eeufeestoernooi is bykans gefinaliseer en sien tans soos volg daaruit:

Maandag 23 Maart O/15’s
Dinsdag 24 Maart O/15’s
Woensdag 25 Maart Eerste spanne
Donderdag 26 Maart O/15’s
Vrydag 27 Maart Eerste spanne
Saterdag 28 Maart Eerste spanne/Oudleerlinge

Ons is baie dankbaar vir al die hulp en ondersteuning van die rugbygemeenskap en sien daarna uit om steeds ‘n rugbyfeestoernooi van gehalte aan te bied.

TERUG NA BO